Die Kaap die Goeie Hoop-DBV in Kaapstad vra dat alle moontlike regstappe teen ‘n Steenbergse polisiebeampte geneem moet word vir dieremishandeling in Lavender Hill.
Ooggetuies het aan Maroela Media verduidelik hoe die konstabel na bewering oor die vyf-maande-oue hondjie gery het, teruggetrek het om weer oor hom te ry, en dan vir ‘n derde keer oor hom gery het soos hy die toneel verlaat het.
Die gemeenskap het die erg beseerde hondjie na ‘n veearts geneem, wat aanbeveel het om die hondjie uit te sit.
Die gemeenskap eis dat die konstabel van sy pos verwyder moet word. Die DBV verduidelik dat in so ’n geval van dieremishandeling ‘n boete van R40 000 opgelê kan word en/of twaalf maande tronkstraf.