Die onlangse storms in Kaapstad het veroorsaak dat sowat 44 vraghouers van ‘n vragskeep verwoes is – en somige steeds vermis word.
Volgens Sobantu Tilayi, die bedryfshoof van SA Maritime Safety Authority, is die owerheid se grootste bekommernis huidiglik die vraghouer gevul met 500 ton swaelbrandstof wat in die see vassit. Swaelstortings kan ‘n aansienlike negatiewe uitwerking op die biodiversiteit he aangesien dit tot verlaagte suurstofvlakke en vandering van die water se PH kan lei.
Tilayi het aan PrimeMedia gese dat sommige van die ander vermiste vraghouers in die suide van Durban en Noorde van Oos-London opgespoor is en dat hulle met die eienaars in gesprek is.