Die Kaapstad-metro gaan vier-miljard-rand bestee om die munisipale kragnetwerk uit te brei en instand te hou. Beverley van Reenen, burgemeesterskomitee-lid vir energie, het bekendgemaak die bedrag is deel van die voorgestelde begroting vir die nuwe jaar en sal oor drie jaar bestee word.
Netwerk 24 berig Van Reenen het gesê die uitbreiding sal help om beurtkrag te verminder en selfs help dat Kaapstad die eerste stad word sonder beurtkrag. Sy het gesê dit is veral belangrik om die munisipale kragnetwerk te versterk om voorsiening te maak vir die skerp groei in sonkrag wat op die netwerk gelaai word deur ondernemings en huishoudings wat oortollige sonkrag terug verkoop.