Kaapstad is die twaalfde geweldadigste stad ter wêreld berig BusinessTech met ‘n moordsyfer hoër as die land se gemiddeld met 63 moorde per 100-duisend mense. Die Suid-Afrikaanse stede netwerk het sy jongste verslag oor die stand van misdaad en veiligheid in stede in die land gepubliseer. Die verslag handel oor die misdaad- en geweldtendense binne Suid-Afrika se groot metro’s. Dit illustreer ook die veranderinge en neigings in misdaadvlakke. Volgens die verslag is Kaapstad die land se mees gewelddadige stad met drieduisend-165 moorde in 2022. Dit word gevolg deur eThekwini met tweeduisend-815 moorde en Johannesburg met tweeduisend-121 moorde. Suid-Afrika se moordsyfer van 42 per 100-duisend mense, is sewe keer hoër as die internasionale gemiddelde.
