Die Stad Kaapstad het ʼn interdik gekry teen die geweldpleging wat gepaard gaan met die voortslepende taxistaking sedert verlede week. Die burgemeester van die Stad Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, verwelkom die stap. Die tussentydse bevel sê onder andere dat geen persoon, voertuig, taxi of bestuurder enige ander voertuig of enige openbare pad in die Kaapstadse metropool mag blokkeer nie. Daar mag ook nie ingemeng word met passasiers op openbare vervoer of verkeersvloei nie.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×