Maandag is die Isreal-Gaza oorlog amptelik in sy tweede jaar. African News berig dit volg na protesaksie wat die naweek in Kaapstad plaasgevind het, juis ten bate van die beëindiging vir die oorlog.

Die betogers het gevra dat Suid-Afrika hul posisie in die Wêreldhof gebruik om die oorlog te staak. Kaapstad-inwoner, Lee Anne Naidoo, voeg by: “Ons weet hoe voel dit as jou land van jou gesteel word. Ons beleef nog apartheid, en ons raai dit nie toe vir enige ander land nie, al is dit wettig.”

Terselfdertyd lui sirenes in Tel Aviv terwyl Hamas vuurpyle afvuur. Geen skade of beserings was geraporteer aan Euronews nie.

Israel het op sy beurt teikens in Gaza getref. Een was ‘n hospitaal wat deur Hamas-polisie beheer word, terwyl ‘n joernalis van Al Jazeera gewond was.

Hamas lê laag in Gaza terwyl hulle nog steeds in beheer is op die grond. Hezbollah het die media verseker dat hulle nie sal ophou baklei teen Israel nie.

Israel se minister van verdediging, Yoav Gallant, verseker dat hulle hulle aandag op die Libanese gebied spits, waar 70,000 mense gevlug het onder Hezbollah-spervuur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×