Die Staatsdienskommissie het nuwe kabinetsministers gewaarsku om nie hul direkteur-generaals op grond van politiek af te dank nie. Die kommissie sê die ministers en direkteur-generaals moet saamwerk om die mandate van hul departemente na te kom.

Die kommissie het gister hul kwartaallikse Pulse of the Public Service-verslag gepubliseer. Volgens die kommissie word direkteur-generaals vir ‘n tydperk van vyf jaar aangestel en behoort nie deur nuwe ministers verwyder te word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×