Die bekende 24-jarige verdediger van Kaizer Chiefs, Luke Fleurs, is tydens ‘n kaping aan die Wes-Rand doodgeskiet. Volgens Lt Kol Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het die voorval gisteraand omstreeks half nege plaasgevind.
Maroela Media berig Fleurs het in sy motor by ‘n vulstasie in Roodepoort vir ‘n petroljoggie gewag toe twee gewapende mans hom oorval het. Die aanvallers wat met ‘n wit BMW 1-reeks gery het, het Fleurs met ‘n vuurwapen gedreig en uit sy motor gedwing. Hy is een keer in die bolyf geskiet.
Een van die mans het met Fleurs se motor weggejaag. Fleurs is by sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. Masondo sê die polisie ondersoek ‘n klagte van moord en kaping. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.