Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, sê hy het geen slapelose nagte oor die Valke se ondersoek na klagtes van hoogverraad teen die organisasie nie.
Hy sê daar is geen gronde vir die klagtes nie en voeg by dat die Valke eerder hul aandag moet fokus op die 97 ANC-leiers wat deur die Zondo-kommissie vir korrupsie geïmpliseer is.
Hy beweer daardie mense word deur die ANC-beheerde regering beskerm, terwyl dié wat die ANC-leiers se roekelose optrede en beleidsrigtings teenstaan, nou geteiken word.
Kriel sê as iemand die land se mense verraai, is dit die ANC-leiers.