Kamala Harris, adjunkpresident van die VSA, het amptelik ‘n nominasie aanvaar as die Demokrate se presidensiële kandidaat vir November se verkiesing. Donald Trump, voormalige president van Amerika, en nou weer kandidaat vir die Republikeine, is Harris se opponent.
Indien sy die meeste stemme verwerf, word Harris die eerste vrou om as VSA-president te dien. Trump het voorheen reeds gesê dit sal maklik vir hom wees om ‘n verkiesing teen Harris te wen.