Kamala Harris, adjunkpresident van die VSA, staan reg om binnekort haar benoeming as die Demokrate se presidentskandidaat te aanvaar. Minder as 36 uur nadat president Joe Biden haar as kandidaat onderskryf het, is Harris ook die meerderheidsteun vanuit party-geledere toegesê.

Die 59-jarige Harris sal kragte meet met oudpresident Donald Trump, wanneer Amerika in November vir ‘n nuwe president stem. Die 81-jarige Biden het hom Sondag as kandidaat vir die presidensiële verkiesing onttrek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×