Die Regspraktykraad van Suid-Afrika het ‘n kennisgewing uitgereik dat kandidaatprokureurs hul toelatingseksamen voortaan slegs in Engels sal kan aflê.

Volgens Netwerk24 heers daar woede in regskringe, aangesien hoopvolle regspraktisyns wat in ‘n ander taal as Engels studeer het, nou skielik vrae in Engels moet beantwoord.

Riaan Visser, hoof van Solidariteit se Regsnetwerk, sê die vakbond het reeds heelwat klagtes ontvang.

Volgens hom wil Solidariteit opstaan vir elke kandidaat vir wie Engels ‘n tweede of derdetaal is.

Die Regspraktykraad het in 2019 dieselfde kennisgewing uitgestuur, maar het sy taalplanne teruggetrek, nadat hy deur die destydse Solidariteit-regsgilde, asook die Vereniging van Regslui vir Afrikaans, hof toe geneem is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×