Kandidate ding glo net om ANC-leiersposte mee om mag te bekom en om staatsgeld in hul sakke te kan steek. Dít aldus voormalige president van die ANC, Thabo Mbeki. Mbeki het voorts gesê dat die ANC, wat in 1912 in Bloemfontein gestig is, gaan uitsterf, mits hy homself vernuwe. Netwerk24 berig Mbeki het hierdie waarskuwing Donderdag by die gedenkdiens van die ANC-veteraan, Rita Ndzanga, gerig. Hy het gesê dit is baie ontstellend dat Suid-Afrikaners in elke verkiesing sedert 1994 al hoe minder vir die ANC stem. Volgens hom kan daar nie gesê word dat daar iets met die mense verkeerd is nie, en moet daar glo eerder gesê word dat daar iets met die party verkeerd is. Hy het gesê die ANC is nie korrup nie, maar het wel korruptes in sy midde en dat dié party van hierdie korruptes ontslae moet raak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×