Kanker keer nie 12-jarige Daniel van Zyl nie

Daniel van Zyl, ‘n 12-jarige atleet van George, gaan nie toelaat dat sy kanker tussen hom en sy droom om eendag ‘n medalje vir Suid-Afrika in driekamp te verwerf kom nie.

Leukemie is in 2019 by Van Zyl gediagnoseer, waarna hy maande lank by die Rondebosch-mediese sentrum behandeling ontvang het.

Van Zyl sê die ergste vir hom was dat hy vir 8 maande nie kon skoolgaan of aan sport kon deelneem
nie.

Netwerk24 berig Van Zyl se kanker is tans in remissie, en dat hy reeds Saterdag op die Suid-Afrikaanse Driekamp-kampioenskapbyeenkoms in Maselspoort buite Bloemfontein deelgeneem het, en die 6de plek in die 0.13-afdeling verwerf het.

Daniel sal nog tot Oktober 2022 instandhoudende chemoterapie ontvang.

Sonelle van Zyl, Daniel se ma, sê as daar een ding is wat hulle by Daniel geleer het is dit om nooit op te gee nie.

Luister na potgooie hieronder