KANOVAART – 2 veteraan roeiers van die legendariese Bergrivier-kanomarathon is van Woensdag af terug op die waters.
Renè Boehm en Jannie Malherbe sal onderskeidelik aan hul 40ste en 51ste marathon deelneem. Renè is die hooforganiseerder van die wedvaart terwyl “Oom Jannie” – soos hy alom bekend staan – sy vriend wyle Giel van Deventer se rekord sal ewenaar vir die persoon wat dit die meeste kere klaargemaak het.
Robbie Herreveld – nog ’n legende wat die Bergrivier al 6 keer gewen het – sal saam met die voormalige wenners Maynhard Marais en Graham Montieth diè epiese wedvaart weereens aandurf.
*Diè Bergrivier-kanomarathon eindig Saterdag in Velddrif.