KANOVAART  – Van Suid-Afrika se beste roeiers sal eerskomende naweek teen mekaar meeding wanneer die Pete Marlin-seeroeibyeenkoms in Oos-Londen plaasvind.

Verlede jaar se naaswenner Kenny Rice sal ook in die aksie wees en sal beslis een van die gunstelinge wees om diè byeenkoms te wen nadat hy ook onlangs as die nuwe wêreld-seeroei kampioen gekroon is.

Rice kan egter strawwe kompetisie te wagte wees in die vorm van Hank McGregor die silwer medalje wenner by die Wêreldbyeenkoms terwyl die nuwe wêreld marathonkampioen Andy Birkett ook die spane die praatwerk gaan laat doen.

In die dames afdeling sal ‘n nuwe kampioen met die kroon wegstap nadat Michelle Burn nog nie van Covid herstel het nie.

Jenna Nisbet , Candice Murray , Saskia Hockly , Chloë Bunnet en Melanie van Niekerk is van die gunstelinge om die wennerstitel op te raap.

Die individuele K1-seeroeititel is Saterdag op die spel terwyl die roeiers wat aan die K2-pare kompetisie deelneem Sondag om diè titel gaan meeding. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×