KANOVAART – Suid-Afrika se kanovaarders het ’n moeilike paar dae agter die rug by die Wêreldbeker-reeks in Hongarye nadat nie een van die pare ’n eindronde kon haal nie.
In die K2-kompetisie oor 500m het die paar van Tiffany Koch en Esti Olivier slegs ‘n 7de plek in die halfeindronde behaal en ook ’n plek in die B-eindronde net-net misgeloop.
In die mans-kombinasie het die Olimpiese duo van Hamish Lovemore en Andy Birkett slegs ‘n 6de plek in hul uitdun losgeroei wat nie geod genoeg was om deur te dring na die volgende fase nie.
*2 oud Suid-Afrikaners kon darem met medaljes spog nadat Jean van der Westhuyzen en sy ouer broer Pierre onderskeidelik goud en silwer ingepalm het in die K2 en K4 wedvaarte oor 500m.