KANOVAART – Die jong Suid-Kaapse roeier Tom Lovemore het Saterdag sy 1ste Bergrivier-kanomarathon gewen na ’n sege in die 4de en laaste skof na Velddrif. Lovemore het die veteraan en 6-malige wenner Robbie Herreveld van ’n rekord 7de titel weerhou.

Herreveld het ondanks ’n maagaandoening skitterend bly roei en algeheel 2de geëindig terwyl Jeremy Maher 15 minute agter Lovemore die 3de plek ingeneem het.

*Die vroue afdeling is gewen deur Stephanie von der Heyde ondanks probleme met die kano se stuurkabel maar vasgebyt om 2de in die laaste skof te eindig. Haar wentyd was 21:59:54. Neriyah Dill en Tayla Isaac was onderskeidelik 2de en 3de met meer as ’n uur en ’n half wat hulle van mekaar geskei het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×