‘n Vyf-jarige seuntjie wat uit die huis gehardloop het om sy pa te groet, is deur kapers doodgeskiet. Die pa het omstreeks half elf Vrydagaand by die gesin se huis in Sosanguve gestop toe gewapende rowers op hom toesak.

Polsiewoordvoerder, lt kol Mavela Masondo, sê in ‘n verklaring sê die seuntjie het na buite gegaan terwyl ‘n onbekende aantal gewapende verdagtes besig was om sy pa te kaap. Die kritiek gewonde kind is na die hospitaal gehaas waar hy dood verklaar is. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en motorkaping. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×