’n Verdagte is in Khayelitsha, Weskaap, deur ’n verkeersbeampte, wat van diens af was, vir poging tot kaping in hegtenis geneem.
Die verkeersbeampte was op pad huis toe, toe hy deur ‘n man genader is wat berig het dat hy gekaap word. Volgens die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, het die beampte die kapers genader en gevind dat hulle probeer het om die voertuig aan te skakel.
Smith sê die beampte het daarin geslaag om een van die kapers vas te pen en in hegtenis te neem terwyl ‘n tweede verdagte het daarin geslaag om te ontsnap.
LUISTER HIER: