Kaping van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het sluip-ekonomie laat toeneem

‘n Voormalige werknemer van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Johann van Loggerenberg, het getuig dat die sluik-ekonomie van 2014 toegeneem het toe die diens gekaap is.

Loggerenberg het in 2015 bedank.

Hy sê vóór 2014 het hulle die stryd gewen teen georganiseerde misdaad en die smokkelhandel in veral sigarette.

Volgens hom het die diens egter niks gedoen om belasting te probeer insamel wat die sluik-ekonomie aan die inkomstediens skuld, na sy bedanking nie.

Verder het alle ondersoeke ook tot stilstand gekom.

Loggerenberg sê die diens moes eintlik nog R1,3 miljard tot die fiskus bygedra het, maar dat die geld nooit ingesamel is nie.

Volgens hom het baie van die misdadigers in die sluik-ekonomie bande met politici.

Luister na potgooie hieronder