Chrisnè van Deventer, ‘n Graad 4 leerling aan die Laerskool Fichardtpark gaan in September haar provinsie en land as die jongste deelnmer by die Shotokan-karate-wêreldkampioenskap in Japan verteenwoordig.

Chrisnè wat reeds op vier-jarige ouderdom aan diè sport begin deelneem het se ma Christa sê haar dogter is gaande oor die roetine en dissipline wat daar in karate is en gaan saam met haar reis waar sy aan die kata-afdeling gaan deelneem wat ’n reeks bewegings is waar atlete se tegniek getoets word.

Chrisnè wat tans ’n pers gordel is gaan ook in die kumiteafdeling teen ander meisies in haar ouderdomsgroep meeding.

Diè wêreld-kampioenskap wat elke tweede jaar in Japan plaasvind is vanjaar vanaf 25 September tot 6 Oktober.

error: Inhoud is beskerm !!