Na noukeurige ondersoeke is twee vroue, in die Keimoes streekhof, vir die moorde op hulle kêrels gevonnis. ‘n 29-jarige vrou is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy haar kêrel, tydens ‘n onderonsie oor drank en geld, noodlottig in die bors gesteek het.

In die ander moordsaak is ‘n 21-jarige vrou tot 10 jaar tronkstraf gevonnis toe sy ook haar kêrel tydens ‘n rusie doodgesteek het.

Volgens die bestuurder van die Suid-Afrikaanse polisiediens in die Noord-Kaap is hierdie vonnisse ‘n duidelike aanduiding dat speurders in die provinsie gefokus bly om te verseker dat oortereders voor die hof gebring word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×