‘n Keisersnit-verlossing, sonder enige verdowing, is slegs één van die ondenkbare redes waarom die Vrystaatse LUR vir gesondheid, meer as R5-miljoen aan ‘n vrou van
Bloemfontein moet betaal.
Waarnemende regter Nompumelelo Gloria Gusha, het in die hooggeregshof in Bloemfontein gesê géén mens behoort onderwerp te word aan die soort behandeling wat die vrou in 2013 in die Pelonomi-hospitaal moes deurmaak nie.
Haar seuntjie, wat glo breinskade gehad het, is twee dae na geboorte oorlede.
Die vrou is later vir mediese behandeling na die Universitas-hospitaal oorgeplaas.