Drie beskuldigdes is Vrydag skuldig bevind aan ontvoering en mensehandel in die hofsaak oor die verdwyning van Joshlin Smith.

Regter Nathan Erasmus het haar ma, Kelly Smith, haar kêrel Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn in die Hooggeregshof in Saldanha skuldig bevind.

Eyewitness News berig die verhoor het byna drie maande geduur.

Die uitspraak is in die White City-sentrum gelewer, waar honderde inwoners opgedaag het.

Hulle het gejuig toe die hof beslis.

Joshlin was ses toe sy in Februarie verlede jaar uit haar huis in Middelpos, Saldanha, verdwyn het.

Sy is steeds nie gevind nie.

error: Inhoud is beskerm !!