Die huis waar Joshlin Smith eens saam met haar ma, Kelly Smith, gewoon het, het afgebrand.

IOL berig volgens poliswoordvoerder luitenant-kolonel Malcolm Pojie word ‘n saak van brandstigting geondersoek en voeg by ‘n vrou is in verband met die brand in hegtenis geneem.

Dit volg kort na die Wes-Kaapse hooggeregshof Kelly Smith, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn skuldig bevind het aan mensehandel en ontvoerig.

Verder berig Newskoop die vonnisoplegging in die Joshlin Smith-verhoor vind volgende Vrydag in Saldanhabaai plaas. Dit volgens die direkteur van Openbare Vervolging in die Wes-Kaap, advokaat Nicolette Bell.

Volgens Bell word Joshlin steeds, ten spyte van intensiewe soektogte, steeds vermis.

error: Inhoud is beskerm !!