Kenner is van mening dat die straf wat die KwaZulu-Natalse LUR vir Gesondheid opgelê is, te lig is

Kenners is van mening dat die straf wat die KwaZulu-Natalse LUR vir Gesondheid, Nomagugu Simelane, opgelê is, vir die verbreking van Covid-19 regulasies, te lig is.

Sanusha Naidu, ‘n politieke ontleder, sê die premier, Sihle Zikalala, moes Simelane heelwat swaarder gestraf het.

Zikalala het Simelane beboet met 50% van haar volgende salaris. Verder moet sy moet binne 7 dae die publiek in die openbaar om verskoning vra.

Dit kom nadat beeldmateriaal aan die lig gekom het van Simelane en vriende by haar verjaarsdagpartytjie.

In die beeldmateriaal kan gesien word hoe niemand maskers gedra het nie.

Naidu sê die premier se opmerking dat Simelane haar in omstandighede buite haar beheer bevind het, hou nie water nie.

Volgens Naidu was dit Simelane se keuse om aan die verrassingspartytjie deel te neem.

Luister na potgooie hieronder