President Cyril Ramaphosa het ‘n Suid-Afrika beskryf wat onbekend aan sy burgers is. Dit was die reaksie van prof Amanda Gouws, politieke ontleder aan die Universiteit Stellenbosch oor die staatsrede gisteraand. Sy toespraak was ‘n staatsrede vanuit ‘n parallel heelal.

Gouws het bygevoeg niks nuut is gehoor nie en dat die president ‘n goeie storie opgemaak het omdat dit verkiesingsjaar is. Netwerk 24 berig Gouws het gesê dit lyk nie asof die president weet wat op grondvlak aangaan nie. John Steenhuisen, leier van die DA, het gesê die gelukkige prentjie wat die president geskets het, strook nie met werklikheid wat gewone Suid-Afrikaners beleef nie. Die werklikheid is ‘n land waar 75 mense elke dag vermoor word, waar geslagsgeweld toeneem, werkloosheid die hoogte in skiet en beurtwater groot dele van die land nou tref.

Dr Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê Suid-Afrika kan nie meer ‘n ANC of ‘n president Ramaphosa bekostig nie. Die president eet luuks op sy vliegtuig terwyl daar mense is wat sterf van die honger in Suid-Afrika. Groenewald het Ramaphosa se uitlating dat die einde van beurtkrag naby is, as ‘n liegstorie beskryf.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×