Onderwyskundiges en vakbonde het gewaarsku dat begrotingsbesnoeiings in die onderwyssektor ‘n katastrofiese toename in klaskamergroottes sal veroorsaak.
Provinsiale regerings het gewaarsku dat duisende onderwysposte nie volgende jaar hernu sal word nie weens die nasionale begrotingsbesnoeiings.
Onderwysersvakbonde sê dit kan onmoontlik wees om klas te gee wanneer die klaskamergroottes volgende jaar toeneem. Kenners sê klaskamers is reeds vol en onderwysers is moeg.
Rosestad-nuus het vroeër berig dat die Vrystaatse onderwysdepartement hom daartoe verbind het om onmiddelik kostebeperkingsmaatreëls te implementer. Die maatreels is, volgens SABC News, ontwerp om te verseker dat geen opvoeder hul werk verloor nie