Geo-tegniese kenners het Woensdag se ondergrondse ontploffing in Bree Straat in  Johannesburg met onwettige myn-bedrywighede verbind wat reeds etlike jare ‘n probleem in die stad is. ‘n Geograaf, Malaika Mahlatsi, het aan Sowetan Live gesê volgens die geskiedenis van die mynbedryf was daar talle mynskagte in die gebied waar die middestad nou is. Sy is oortuig die ontploffing het plaasgevind as gevolg van onwettige mynwerkers wat vir jare die gebied se grond, water en infrastruktuur in gevaar stel. Die grondoppervlakte is onstabiel en word verder verswak deur enige soort ontploffing-metodes wat die myners gebruik. Mahlatsi het gesê die Witwatersrand myn-gebied loop regdeur die Oos-Rand en die middestad na die Wes-Rand. Daar is tekens op verskeie plekke waar die grond al ingekalwe het. Johannesburg staan die gevaar om heeltemal ineen te stort, het sy gesê.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×