Energiekenners meen dat die terugkeer van die eenhede by Kusile Kragstasie agter Eskom se verbeterde werkverrigting is. Eskom het nou vir meer as 47 dae nie beurtkrag toegepas nie.
Die staatsbeheerde elektrisiteitsprodusent sê dit is weens verbeterde opwekkingskapasiteit. Eskom sê die verbetering is ook te danke aan die fokus op die instandhouding van die steenkoolkragstasies. Kenners meen dat Eskom beplande instandhouding voor die verwagte toename in die vraag na elektrisiteit in die winter sal verminder.