‘n Kenner van internasionale reg van die Universiteit van Johannesburg, professor Hennie Strydom, het gesê ondanks Suid-Afrika se beweerde neutrale standpunt oor Rusland se inval in Oekraïne, moet die land nie onverskillig wees oor die erns van internasionale misdade wat gepleeg word nie.

Hy het gesê die land het ‘n verpligting om oorlogsmisdade aan die kaak te stel.

Hy meen neutraliteit verhinder die regering nie om misdade van daardie aard aan te spreek en te veroordeel nie.

‘n Grondwetkenner, professor Koos Malan, het gesê die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, of Dirco, tree teen die wet op deur diplomatieke immuniteit aan die Russiese president te verleen.

Hy het gesê die statuut van die Internasionale strafhof, wat ‘n lasbrief vir Poetin uitgereik het, behoort voorkeur te kry bo Dirco se wetgewing.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×