Die hoeveelheid reën oor sommige dele van Suid-Afrika het die afgelope 50 jaar toegeneem weens klimaatsverandering.

Maroela Media berig kenners het gesê dit kan moontlik daarop dui dat reënval in die toekoms verder kan toeneem.

Navorsers aan die Universiteit Pretoria, het ondersoek ingestel oor of daar waarneembare veranderinge in die daaglikse reënval reg oor Suid-Afrika is deur terug te kyk na die land se weerpatrone oor die afgelope eeu.

Die navorsing is gelei deur Charlotte McBride van die Suid-Afrikaanse Weerdiens.

McBride het gesê een van die gevolge van klimaatsverandering is die toename in frekwensie en/of intensiteit van sommige weer- en klimaatuiterstes.

Dit kan hittegolwe, swaar reënval, vloede, droogtes en tropiese siklone insluit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×