Kenners van die Wêreldgesondheidsorganisasie het in Wuhan in China aangekom vir hulle langverwagte Covid-19 ondersoek

 Kenners van die Wêreldgesondheidsorganisasie het in Wuhan in China aangekom vir hulle langverwagte Covid-19 ondersoek

Kenners van die Wêreldgesondheidsorganisasie het in Wuhan in China aangekom vir hulle langverwagte ondersoek na die uitbreking van die coronaviruspandemie in die Hubei-provinsie einde 2019.
China ondervind tans ‘n toename in nuwe Covid-19 gevalle in die noordooste van die land, asook een sterfte. In Wuhan waar die virus sy oorsprong het, is die situasie tans veilig.
Die WGO-wetenskaplikes sal eers oor twee weke met hul ondersoek kan begin, omdat hulle tot dan in kwarantyn moet wees.
Die sukses van hulle ondersoek is afhangend van die Chinese ampsgenote se samewerking.
Die span beplan om navorsingsinstitute, hospitale assok die seekosmark in Wuhan te besoek waar daar glo nuwe patogene opgespoor is.

LeandreAdmin@