Die Wêreldgesondheidsorganisasie het gewaarsku dat as daar nie vining op die polio uitbraak gereageer word nie, daar ‘n hoë risiko is dat die polio virus binne Gaza – en internasionaal – kan versprei.

Dit, nadat toetse die virus in afvalwatermonsters op twee verskillende terreine in Gaza gevind het. Die uitslae van die monsters was verlede week beskikbaar gemaak, maar die monsters is reeds ‘n maand gelede geneem. Volgens Anera, ‘n organisasie wat humanitere hulp aan Gaza verskaf, is hulle bekommerd oor hoeveel verspreiding daar al in die maand kon wees, en vrees hul dat die uitbraak veel erger kan wees as wat aanvanklik verwag was.

Alhoewel geen menslike gevalle van polio opgespoor is nie, is dit onduidelik of dokters in Gaza die hulpbronne het om daarvoor te toets. NBC News berig dat die land reeds geteister word deur swak sanitasie, ‘n verbrokkelende gesondheidsorgstelsel en dalende inentingsyfers – en dat daar min hoop is dat hul ‘n uitbreking van die hoogs aansteeklike siekte sal kan hanteer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×