Die gemeenskap van Phuthaditjhaba in die Vrystaat het saam met verskeie kerke gehoor gegee aan die oproep vir ‘n massagebed teen geslagsgebaseerde geweld.
‘n Groot aantal mense het byeengekom by die gebedsdiens wat Donderdag by die Phuthaditjhaba Veeldoelige Gemeenskapsentrum gehou is.
Die program is deur die Departement van Gesondheid georganiseer as deel van die mobilisering van alle lede van verskeie gemeenskappe om geweld teen vroue uit te skakel.
Dit vorm deel van die Vrystaatse Provinsiale Regering se breër plan om te verseker dat vroue en kinders in ‘n land vry van geweld woon.