Terwyl ons liewer die Proteas se derde eendagwedstryd teen Pakistan wil vergeet, was dit ‘n onvergeetlike dag vir ondersteuners by die Wanderers-stadion.

Primedia berig Kersfees het vroeg gekom vir ‘n gelukkige paartjie wat hul pasgebore seuntjie by die stadion se mediese sentrum verwelkom het.

Die boodskap op die grootskerm het gelui: baie geluk Mnr en Mev Rabeng met die geboorte van julle gesonde seun.

Intussen het ‘n man die ‘Pink Day’-geleentheid gebruik om sy vriendin te vra om te trou. Te oordeel aan haar geskokte reaksie, het sy duidelik nie die vraag verwag nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×