Kerstyd-besteding gaan vanjaar na verwagting weens verskeie redes anders as in die verlede lyk.
Netwerk24 berig winkels verwag om vanjaar heelwat minder produkte te verkoop.
Een van die redes hiervoor is dat mense nou vir die eerste Desember sedert 2019 vrylik kan reis, uiteet en kuier, en daarom bes moontlik ‘n groter gedeelte van hul geld aan vervoer, verblyf en vermaak gaan bestee.
Volgens Helanya Fourie, van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek, verwag kleinhandelaars dat verbruikers se besteding dié Kersfees ook onder druk sal wees weens hoë inflasie en die ewig-stygende rentekoerse.
‘n Ma van Bloemfontein het gesê dat hulle vanjaar weer oudergewoonte handgemaakte geskenke sal uitdeel.
Volgens haar vertroebel die kommersialisering net die ware betekenis van Kersfees.
Sy het gesê Kersfees bly vir hulle ‘n Christus-fees waartydens samesyn met geliefdes ook as kosbare geskenke gesien moet word.