Die goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê die
verlaging van rentekoerse sal nie die land se ongelykheid oplos nie. Volgens Kganyago is
ekonomiese groei, werkskepping en produktiwiteitsgroei die enigste dinge wat saak maak
om ongelykheid te verbeter. Kganyago het vroeër die week by die Universiteit van die
Vrystaat in Bloemfontein gepraat. Die goewerneur het aan die gehoor gesê dat die
monetêre beleid beperk is in terme van wat dit kan bereik.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×