Die goewerneur van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, gee nog nie ‘n opdatering oor die Phala Phala-plaasondersoek nie.

Kganyago het die naweek op die kantlyn van die Kgalema Motlanthe-stigting se Inklusiewe Groeiforum gepraat.

Hy het gesê hy sal nie kommentaar lewer op die voortgesette ondersoek na die beweerde gebeure op president Cyril Ramaphosa se wildsplaas nie.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank, die Suid-Afrikaanse Inkomstedienste, die Openbare Beskermer se kantoor, die Gespesialiseerde Polisiëringseenheid en die Valke is ‘n
paar instansies wat ‘n kriminele klag teen die president ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×