‘n Groep Khoisan-aktiviste wat al vir sewe jaar buite die Uniegebou in Pretoria uitkamp, het tot Saterdag tyd om die perseel te verlaat.

SABC-nuus berig die departement van Openbare Werke en Infrastruktuur het in Desember ‘n hofbevel bekom, wat die groep 30 dae tyd gee om die eiendom te verlaat.

Khoisan Driegaat, wat bekendstaan as Koning Khoisan SA, sy vrou en hulle ondersteuners woon sedert 2017 in tente naby die standbeeld van oudpresident Nelson Mandela. Hulle betoog vir die erkenning van die Khoisan as die eerste mense in Suid-Afrika. ‘

‘n Woordvoerder van die departement, Lennox Mabaso, sê die hofbevel sal afgedwing word op ‘n datum en tyd wat nog deur verskeie regeringsinstellings vasgestel moet word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×