Die geskorste Openbare Beskermer, advokaat Busisiwe Mkhwebane, het gesê president Ramaphosa kan nie kies en keur wie in die kantoor van die Openbare
Beskermer hom weens die Phala Phala-sage moet ondersoek nie.

Dít volgens die jongste hofstukke wat sy Vrydag by die Konstitusionele hof ingedien het.

Sy verduidelik in die hofstukke waarom sy die president en die DA se onderskeie aansoeke om verlof tot appèl teen ʼn vroeëre hooggeregshofbevel sal teenstaan.

Dit gaan oor die hooggeregshof in Kaapstad wat bevind het dat haar skorsing deur die president in Junie vanjaar ongeldig is en tersyde gestel moet word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×