Kiesers gaan op Woensdag, 27 Oktober, stembus toe

Kiesers gaan op Woensdag, 27 Oktober, stembus toe vir plaaslike verkiesings het die presidensie gister in ‘n mediaverklaring bevestig.

Dit sal die sesde keer wees sedert 1994 dat Suid-Afrikaners in plaaslike verkiesings stem.

Intussen het die Verkiesingskommissie gesê tussentydse verkiesings in 13 wyke landwyd gister het grootliks sonder probleme verloop.

Luidens berigte het meer as 90 000 stemgeregtiges by kieslokale in sewe provinsies gestem.

Die Verkiesingskommissie sal na verwagting vandag die resultate aankondig.

Luister na potgooie hieronder