Die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, of OVK, Mosotho Mopeya, het gister ‘n opdatering gegee oor die ouderdomsdemografie van geregistreerde kiesers. Volgens die data is die ouderdomskategorie met die hoogste verteenwoordiging 30 tot 39 jaar, met ses-komma-ses miljoen geregistreerde kiesers. Dit word gevolg deur die kategorie van 40 tot 49 jaar, met vyf-komma-agt miljoen kiesers. Die ouderdomskategorie van 50 tot 59 jaar het vier-komma-vier miljoen kiesers aangeteken. Ten spyte daarvan dat dit die grootste demografiese groep is, het die ouderdomskategorie van 20 tot 29 jaar die laagste aantal geregistreerde kiesers aangeteken, met drie-komma-sewe miljoen. Werner Horn, die DA se provinsiale voorsitter van die Vrystaat, het gesê jonger mense in Suid-Afrika is waarskynlik skepties om te glo dat hulle ‘n demokratiese verandering kan bring.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×