Volgens wet behoort alle geregistreerde kiesers in Suid-Afrika, op 29 Mei hulle kruisies te trek daar waar hulle geregistreer is om te stem.

Ingevolge die nuwe Verkiesingswysigingswet, mag ‘n kieser egter nou buite sy stemdistrik stem, mits die Verkiesingskommissie vooraf hiervan in kennis gestel word.

Geregistreerde kiesers wat nie op stemdag in hulle eie stemdistrik gaan wees nie, moet teen 17 Mei die toepaslike vorm op die Verkiesingskommissie se webtuiste voltooi.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×