Daar is enkele dae oor tot Suid-Afrika se verkiesing, en ‘n politieke ontleder, Dirk Kotzé, is van mening kiesers het reeds hul besluite geneem en sal waarskynlik nie deur veldtogpogings op die nippertjie van plan verander nie.
Dit volg nadat politieke partye die oorblywende dae voor die verkiesing spandeer om hul deur-tot-deur-veldtogte te verskerp en saamtrekke aan te bied.
Kotzé meen op hierdie laat stadium kan veldtogte slegs kiesers se bestaande besluite bevestig en nie hul keuses verander nie.