Die rede waarom die kieshof Dinsdag in Johannesburg uitspraak sal lewer oor die ANC se aansoek om die MK-party se verkiesingsregistrasie nietig te laat verklaar, is ’n raaisel.

Die Kieshof sou Maandag in Bloemfontein uitspraak hieroor lewer, maar ‘n verandering van tyd en plek is aangekondig, ongeveer 20 minute voordat die verrigtinge hier sou begin.

LEES MEER: ANC het spies in vir MK-party

Dinsdag se verwagte uitspraak in die Gautengse hooggeregshof kom ‘n dag voordat die ANC en die MK-Party in die KwaZulu-Natalse hooggeregshof in Durban sal wees. Dié keer oor beweerde kopieregskending teen die MK-Party vir die gebruik van die uMkhonto weSizwe-handelsmerk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×