Die Kieshof in Bloemfontein het aangedui hy sal nie meer Maandag – soos wat aanvanklik verwag is – uitspraak lewer oor die geldigheid van die MK-party se verkiesingsregistrasie nie.
Die ANC betwis die prosedure, en dus die geldigheid, van die Umkhonto weSizwe-party se aansoek om op 29 Mei aan die verkiesing te mag deelneem. SABC News berig oudpresident Jacob Zuma, leier van die MK-party, kritiseer die ANC vir die poging om sy party van die stembrief te laat verwyder.
Zuma het glo aan sy ondersteuners gesê die ANC sal die MK-party nie keer om aan die verkiesing deel te neem nie.
1 Comment
Comments are closed.