Sowat ‘n honderd ANC-ondersteuners het gister by die hof in Verkeerdevlei betoog waar die twee susters van die distrik, die 35-jarige Lizemari en die 28-jarige Janné asook hul buurman, die 56-jarige Hendrik Steyn verskyn het nadat hulle vermeende veediewe aangekeer het. Die boere is later deur meer as 30 polisie-lede inhegtenis geneem is. Die betogers het voor die hof gestaan met opruiende plakkate soos “Kill the Boer, Kill the Racist. Verskeie boere het ook buite die hof bymekaar gekom was polisielede tussen die twee groepe gestaan het. Die drie boere word aangekla van poging tot moord, ontvoering, roof, crimen injuria, aanranding, aanranding met die doel om ernstig te beseer en regsverydeling. Boere buite die hof het gesê, veediefstal en veldbrande het hulle op hul knieë. Daar is weekliks veediefstal. Die klaer Sello Justinus en sy twee kinders is deur die twee susters voorgekeer toe hulle naby die vroue se skaapkraal verbygery het. Steyn het gesê hy het nou sy skape verkoop nadat daar onlangs weer veediefstal was. Die saak is tot 9 Oktober uitgestel. 

error: Inhoud is beskerm !!