Die opmerking dat dit beter is om die boer dood te maak, is na bewering deur ‘n senior amptenaar van die Nketoana- plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat gemaak. Maroela Media berig dat ‘n skermgreep van die WhatsApp-gesprek, tussen verskeie senior bestuurslede, die rondte doen.

Die opmerking is glo gerig op ‘n artikel wat oor die regte van slagoffers handel, sou hulle deur rowers met ‘n vuurwapen aangehou word. “Ons is aan gevaar blootgestel, ons het gewere nodig, dis al. Die beste is om die Boer dood te maak,”  opmerking is na die mening van ‘n raadslid in dié munisipaliteit hoogs onverantwoordelik en heeltemal onaanvaarbaar.

Daar word verder berig dat in ’n land waar gewelddadige aanvalle op boere ’n harde werklikheid is, sulke stellings nie bloot aanvaar kan word nie. Die omvang en erns van plaasaanvalle bly steeds ’n reuseprobleem. Afriforum se jongste verslag oor 2023 se plaasmoord en – aanvalle  toon dat daar 49 plaasmoorde en net onder die die 300 plaasaanvalle plaasgevind het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×